CollageGemeenskapskerk

Sondag09:00 Erediens11:00 English17:00 Aanddiens

Besoekers

Sondag is die dag waarop die meeste mense die eerste keer instap. Jy hoef niks vooraf te reël nie.

09:00

Volwassenes

Lewendige musiek en ’n boodskap, gewoonlik binne ’n uur. Daarna kuier ons met koffie.

Kinderstad, 3 jaar tot graad 6

Voorskool: speel, sing en Bybelstories. Graad 1 tot 6: speletjies, musiek en kleiner groepies. Kinders van sowat 3 jaar (van doeke af) is welkom.

Zone 7

Graad 7 kry ’n eie ruimte vir die oorstap na hoërskool.

Tieners

Hoërskool in die rondawel. Eers aanbidding, dan ’n boodskap, dan kleiner groepies.

Die res van die Sondag

  • 11:00 English Service, een uur, kinders welkom, koffie daarna.
  • 17:00 aanddiens.
  • Gratis filterkoffie voor en ná die oggenddiens. Informele kleredrag.
  • Die gasvryheidspan staan by die ingange.
  • Die 09:00-diens is ook op Facebook as jy nie daar kan wees nie.
WhatsApp